Die tamatie blaarmyner is nie net ’n bedreiging vir die produksie van tamaties nie, maar ook vir groentes soos aartappels en rissies. Dr Hannalene du Plessis van Noordwes-Universiteit gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor dié pes. Luister nou na hierdié onderhoud.

Mieke Botha van Weltevreden River Ranch brei uit oor haar passie vir die Brahman-beesras. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Greg Meiklejohn van Underberg in KwaZulu-Natal gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die impak van die onluste op boerderye in dié provinsie. Luister nou na hierdié onderhoud.

Diemersdal het onlangs by die Decanter Wine Awards in London goud vir hulle Journal-reeks ontvang. Lise Roberts van RSG Landbou het met wynmaker, Juandré Bruwer, oor hulle sukses gepraat. Luister nou na hierdié onderhoud

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Multiknit Shade Net

Multiknit is the world leader in the manufacture and supply of knitted synthetic fabrics. It has two highly sophisticated, multi-million rand manufacturing plants located in Mkhuhlu and White River and is proudly run by the most experienced technicians in the knitted synthetic shade netting and produce bag/net industries. These plants meticulously apply an exacting step-by-step quality control programme designed to ensure that its customers can rely on every Multiknit product they buy in order to exceed the industry standard!

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.