Die Wes-Kaapse regering het in Oktober vanjaar R50 miljoen beskikbaar gestel vir noodbefondsing in die provinsie se landelike gebiede wat tans swaar gebuk gaan onder die droogte. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, gesels in Woensdag 20 November 2019 se aflewering van RSG Landbou oor die streke wat hy reeds besoek het en die verdere hulp wat sy departement aangebied het, veral ten opsigte van emosionele lyding. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Hennie Maas aan die woord. Hy praat met André Höll van die Vryburg-omgewing oor sy Bonsmara-stoet. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Goddy Prinsloo van die LNR Kleingraaninstituut op Bethlehem, praat oor vals kommandowurms en hulle getalle. Luister nou na dié onderhoud.

Daar is ook lekker veilingsnuus. Carel Chalmers brei uit oor die Au Albidus-veiling wat eersdaags plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die week se program af met die nuutste wolmarkverslag. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona Game Breeders.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.