AFMA, oftewel die Veevoervervaardigersvereniging van Suid-Afrika, vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels De Wet Boshoff oor hoe die behoefte vir so ‘n liggaam in 1935 ontstaan het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Hennie Maas aan die woord. Hy gesels op RSG Landbou met dr Eddie Snyman, ‘n afgetrede veearts van Middelburg in die Oos-Kaap met jare se ervaring in klostridiale siektes. ‘Klostridiale siektes’, verduidelik hy, is ‘n groepnaam vir al die siektes wat deur die Clostridium-groep kieme veroorsaak word. Die kieme is alomteenwoordig in die natuur, en sommige kom normaalweg in die dermkanaal van beide diere en mense voor, waar hulle onskadelik as saprofiete leef.” Luister nou na dié lekker onderhoud.

Carin Venter, RSG Landbou-verteenwoordiger in die Oos-Kaap het met Cape Wools se Deon Saayman asook Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersverening, gesels oor die Volhoubare Cape Wools-standaard. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou sluit die program af met veilingsnuus oor die Kobus du Toit Bonsmara produksieveiling. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.