Na raming kom mikotoksiene tot in dertig persent van die wêreld se voergewasse voor en die voorkoms/verspreiding daarvan neem stelselmatig toe. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Albert van Rensburg, besturende direkteur van Biomin Suid-Afrika, oor die verreikende impak van mikotoksiene, veral op die pluimveebedryf. Luister nou na dié onderhoud.

See en see-lewe is ‘n ontsettende belangrike hulpbron wat ten alle koste vir die huidige en toekomstige geslagte beskerm moet word. Petrus van der Walt van VDT Prokureurs gee vir RSG Landbou-luisteraars meer duidelikheid oor die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne. Luister nou na dié onderhoud.

Wurms het oor die jare heen grootliks weens die onoordeelkundige gebruik van wurmmiddels weerstand opgebou, wat die kollig vierkantig op die rol van miseiertellings in doeltreffende wurmbeheer geplaas het. Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat brei hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.