Hierdie tyd van die jaar neem veediefstal aansienlik toe. Behalwe vir produsente wat hiervan moet kennis neem, kan dié van ons wat die langpad aandurf, ook help om veediewe te identifiseer. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum meer hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luan Retief van Cherry Irrigation gee raad aan luisteraars oor die instandhouding van ‘n besproeiingstelsel. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna gesels RSG Landbou met Wiehahn Victor, voormalige hoof van die Inmaakprodusentevereniging, oor ‘n toekenning wat hy by Agri Wes-Kaap ontvang het. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.