RSG Landbou het by die Melkprodusente-organisasie gaan inloer en daar met die hoof uitvoerende beampte, dr Chris van Dijk, gesels. Hy praat in RSG Landbou van Donderdag oor die huidige profiel van die melkboer in Suid-Afrika, hoe dié boer volhoubaarheid kan verseker, en wat die MPO doen om die kleinboer te ondersteun. Luister nou na die onderhoud.

AFMA, oftewel die Veevoervervaardigersvereniging, bied vroeg in Maart ‘n belangrike forum aan. Die organisasie se uitvoerende hoof, De Wet Boshoff, vertel ons waarop daar gefokus gaan word. Luister nou na die onderhoud.

Daarna vind ons meer uit oor hoe BKB beplan om die wêreld van digitale veilings te betree. Dr Cobus Oberholster, hoofbestuurder van lewende hawe- en eiendomme-bemarking by BKB, gee meer besonderhede. Luister nou na die onderhoud.

Chris Derksen is weer terug op sy pos met die week se jongste vleispryse. Luister nou na die onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou sluit die program af met die week se weernuus. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.