‘n Gesonder leefstyl en dieet het gesorg vir groter verbruikersbewustheid rondom voedselveiligheid en diereproduksie. Wat, waar en wanneer diere gevoer word, hoe hul vleis verwerk word en waar die produkte uiteindelik beland, is van die grootste knelpunte. Marli van Eeden van Nutri Feeds gee in Donderdag se aflewering van RSG Landbou vir ons ‘n oorsig van naspeurbaarheid in veeproduksie.

Die Mukota-vark is ‘n inheemse Zimbawiese varkras. Chris Grant van Zimbabwe vertel vir RSG Landbou-luisteraars waarom die voortbestaan van dié ras hom so na aan die hart lê. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag is dit vleis- en weersake. Chris Derksen is eerste van die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna bring Johan van den Berg luisteraars op hoogte met nuus oor die huidige stand van die weer. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook op RSG Landbou. Hy brei uit oor die impak van duur kommoditeite wêreldwyd. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.