RSG Landbou kuier Dinsdag in Wupperthal en gesels met Matthew Samson oor ‘n projek waar meer as vyftig klein rooibosboere ondersteun word. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Morné de la Rey gesels verder oor die werk wat hulle doen, en dié slag vertel hy hoe embrio-oorplasings op renosters gedoen word. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO, oftewel die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, ook aan die woord en hy fokus op die sekondêre suiwelbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Stan Jerling sluit die program af soos oudergewoonte met die geskiedenis oor trekkers. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.