Die hantering en verpakking van vars produkte is belangrik vir die produsent én die verbruiker. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Deon Joubert van Sakpro oor die standaard van die gebreide sakkies waarin dié produkte verkoop word. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dan het die Amerikaanse voedsel- en medisyne-administrasie die gebruik van DHQ, oftewel dihydroquercitin, veilig verklaar – voorwaar goeie nuus vir ons appelbedryf. Henk Griessel van Tru Cape werp meer lig op dié onderwerp. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Hannes de Witt brei uit op RSG Landbou meer uit oor die rede vir hoë pryse in die boerbokmark en die sukses van hierdie bedryf in Suid-Afrika. Luister nou na hierdié onderhoud.

Johan Pretorius deel sy verwagting vir Milestone Beefmasters se 9de produksieveiling met RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Multiknit Shade Net

Multiknit is the world leader in the manufacture and supply of knitted synthetic fabrics. It has two highly sophisticated, multi-million rand manufacturing plants located in Mkhuhlu and White River and is proudly run by the most experienced technicians in the knitted synthetic shade netting and produce bag/net industries. These plants meticulously apply an exacting step-by-step quality control programme designed to ensure that its customers can rely on every Multiknit product they buy in order to exceed the industry standard!

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.