Pieter Ernst van Bona Bona Game Breeders gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou met Hennie Maas oor dié groep se wild- en jagaktiwiteite. Luister nou na dié onderhoud.

Die Old Mutual landboustudent van die jaar in die gewasproduksie-afdeling, is Wian Visser van die Universiteit van die Vrystaat. Hy praat oor sy belangstelling in dié studierigting, asook sy planne vir 2020 wat die pekanneutbedryf insluit. Luister nou na dié onderhoud.

Dan is Anina Hunter, hoof uitvoerende beampte van Afgri Veevoere, aan die woord. Sy gesels onder andere oor die rooivleisbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is oudergewoonte op sy pos met die week se jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona Game Breeders.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.