Die wenners in Graan SA se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie, is op 15 Oktober aangewys. Dr Dirk Strydom gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor die doel van dié kompetisie. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Die hoë voedingswaarde van aangeplante en groen somerweiding bied aan veeboere die geleentheid om maksimum diereproduksie met minimale aanvullende voeding te realiseer. Weidings toon egter sekere wanbalanse en tekorte. Die regstel van hierdie tekorte met korrekte aanvullende voeding, lei tot beter benutting van vee se produksiepotensiaal. Pieter Brönn van Feedtek verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars waarom aanvulling by aangeplante somerweidings nodig is.

Daarna is De Wet Boshoff van AFMA, of die Veevoervervaardigersvereniging van Suid-Afrika, weer aan die woord. Hy vertel onder andere oor studente se betrokkenheid in die bedryf. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Heinrich Victor van OVK sluit die program af. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die wolmarkverslag. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.