Eerskomende week is bedrywig op die veilingsfront. Hennie Maas skop Maandag se RSG Landbou af met lekker veilingsnuus. Carel Chalmers is eerste aan die woord en hy vertel RSG Landbou-luisteraars meer oor die Nu Alcade Bonsmara-groepproduksieveiling. Luister nou na hierdié onderhoud.

Wessel Meyer van die Stoffberg Borangroep brei uit oor hulle tweede produksieveiling. Daarna is Jaco van Rensburg aan die woord en hy vertel ook vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die Noord-Kaap Veldramme Nampo Alfa-veiling. Luister nou na hierdié onderhoude.

Vrotpootjie in skape is ‘n doring in die vlees vir meeste skaapboere. Daar is niks so sleg as om te sukkel met jou diere se hoewe nie, en meeste van die tyd gebeur dit op die onmoontlikste tye. Hoewel daar baie redes is waarom skape met hulle hoewe kan sukkel, is die slegste oorsaak vir hoefprobleme, vrotpootjie. Die beste behandeling bly steeds voorkoming. Anri Strauss van Chemunique kuier ook op RSG Landbou en sy gee raad hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Lourens Leewner van die Bedreigde Wildlewetrust sluit die program af. Hy vertel meer oor hulp wat hulle ontvang om ons kraglyne meer voël-vriendelik te maak. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.