Richardt Venter van AgSci Unlimited is eerste aan die woord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei meer uit oor die belangrikheid van bolaagkompaksie asook hoe die 2021 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetise vorder. Luister nou na dié onderhoud.

Vir meer inligting oor die kompetisie, kontak gerus vir Deidré Louw by deidre@plaasmedia.co.za of 066 231 2430. – Deidré Louw, Veeplaas

Carin Venter, RSG Landbou se mede-werker kuier in die Stormberg-streek van die Oos-Kaap. Sy gesels met Robbie Stretton en Paul Mortlock oor die unieke Stormberger beesras. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.