Die Johannesburgse Effektebeurs oftewel JSE, het onlangs ‘n marknota aan die graan- en oliesadebedryf gepubliseer. Dr Raphael Karuaihe van die JSE verduidelik meer oor wat dit presies behels, en daarna deel Wessel Lemmer van Agbiz Grain ook sy siening hieroor met RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoude.

Daarna gesels RSG Landbou met Dappie Smit, wat bekend is vir sy bydrae tot die droëvrugtebedryf. Hy het tydens die onlangse Agri Wes-Kaap galadinee ‘n eretoekenning ontvang. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.