Hoe kies ‘n produsent die regte mieliekultivar vir goeie kuilvoer? Daar is talle uiteenlopende opinies rondom die definisie van ‘n goeie mieliekuilvoerkultivar. Produsente, voedingskundiges en selfs kuilvoerkontrakteurs pas verskillende kriteria toe, maar die dier wat uiteindelik daarmee gevoer word, bly een van die belangrikste faktore. In Maandag se aflewering van RSG Landbou beantwoord Richardt Venter van Agsci Unlimited hierdie vraag. Luister nou na hierdié onderhoud.

Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie kuier ook saam op RSG Landbou en hy verduidelik waarom die produsenteprys so omstrede is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Sowat vyf jaar gelede het beide vee- en wildboere uit verskeie dele van die land die Predasiebestuursforum gekontak met navrae oor ‘vreemde’ rooijakkalse wat hul hare óf gedeeltelik, óf heeltemal verloor het. Nadere ondersoek en gesprekke met verskeie bekende veeartse het aan die lig gebring dat dit brandsiektemyte was wat hierdie benarde situasie veroorsaak het. Predasiespesialis, dr Gerhard Verdoorn van Griffon Gif-inligtingsentrum, het heelwat navrae oor jakkalse wat brandsiekte het gedurende Januarie vanjaar vanaf boere ontvang. Hy gesels op RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daar is ook ‘n opwindende veiling om die draai. Hennie Snyman brei uit oor die Mielieboere Bonsmaras se 31ste produksieveiling. Luister nou na hierdié onderhoud.

Hennie Maas is soos oudergewoonte weer op sy pos met die weeklikse veilingsnuus. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.