Beta-agoniste word die afgelope 25 jaar in Suid-Afrika gebruik om vleisproduksie te verhoog. Die vraag is egter of die middel veilig is vir mens en dier? Marlien de Kock van Animate Animal Health gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Christo van der Rheede van Agri SA praat op RSG Landbou meer oor die humanitêre hulp wat hul aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng verleen. Luister nou na hierdié onderhoud.

Kruipvoeding behels die voorsiening van ‘n spesiaal geformuleerde voer aan sogende lammers, afsonderlik van die ooie se voeding. Die lam drink steeds aan die ooi en wei saam, maar ontvang terselfdetyd ‘n aanvullende voer om voedingstekorte aan te vul en rumenontwikkeling te stimuleer. Sumé Loubser van Feedtek gee verder meer raad oor lamkruipvoeding vir RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars ook wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Multiknit Shade Net

Multiknit is the world leader in the manufacture and supply of knitted synthetic fabrics. It has two highly sophisticated, multi-million rand manufacturing plants located in Mkhuhlu and White River and is proudly run by the most experienced technicians in the knitted synthetic shade netting and produce bag/net industries. These plants meticulously apply an exacting step-by-step quality control programme designed to ensure that its customers can rely on every Multiknit product they buy in order to exceed the industry standard!

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.