In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou vind ons uit hoe die GIS, oftewel geografiese inligtingstelsel vir landbou gebruik word. Hennie Maas gesels met Renier Balt hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

RSG Landbou kuier die keer by die Weltevreden River Ranch in die Alldays-omgewing, en Mieke Botha vertel meer van hulle suksesvolle Brahman-boerdery. Sy brei uit oor die aanpasbaarheid van dié ras wat tans in baie geharde droë omstandighede moet oorleef. Luister nou na hierdié onderhoud.

Leon du Plessis van L&L Landboudienste verduidelik aan luisteraars hoe die nuwe vrywillige wintergraanheffing werk. Luister nou na hierdié onderhoud.

George Potgieter kuier saam by RSG Landbou en hy vertel meer oor die Pothou Sussex en Blema ba Kan Sussex-veiling. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.