Pieter Ernst van Bona Bona Game Breeders deel sy siening oor die wildbedryf in Suid-Afrika in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na die onderhoud.

Daarna gesels dr Hester Vermeulen meer oor ‘n rooivleis-etiketteringstudie in die Wes-Kaap. Luister nou na die onderhoud.

Dan is Chris Derksen weer terug met nuus oor vleispryse uit die Vrystaat en Johan van den Berg gesels soos altyd oor die weer. Luister nou na die onderhoude.

RSG Landbou gaan kuier daarna in Somerset-Wes by die Vergelegen-landgoed. Eben Olderwagen praat oor die plaas se Nguni-tweeling, die groei in hulle bontebok-populasie en ‘n familie jakkalse. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Bona Bona Game Breeders

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.