In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou ontmoet ons vir Cobus van Coller. Hy sluit op 1 Mei as skoolhoof by Augsburg Landbougimnasium aan. Luister nou na hierdié onderhoud en lees meer hier.

Die landbousektor het ‘n uitsonderlike jaar agter die rug, maar die afgelope tyd hoor ons van verskeie faktore wat dié sektor negatief kan beïnvloed. Dawie Maree van FNB gesels in RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die wolmark het sterker verhandel en met 4,1% toegeneem om teen R165,76/kg te sluit. Die meerderheid van die aanbod was nie-Merinowol met ’n medium lengte en fyner veseldikte. ’n Klein persentasie was volhoubaar geproduseerde wol en die algehele verkoopspersentasie was 92,6%. Luister nou verder op RSG Landbou na Heinrich Victor met meer nuus oor die jongste wolpryse.

RSG Landbou sluit die program af met veilingsnuus. Dr Carl Scholtz vertel meer oor die Maluti Dormers se vyfde jaarlikse produksieveiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.