Die 2019 Noord-Kaap jongboer van die jaar, Philip Botha, vertel in Donderdag se RSG Landbou watter slim planne hy op sy plaas maak, wat bydra tot sy sukses as Merino-boer. Luister nou na hierdie onderhoud.

Volgens Adri Kitshoff-Botha, hoof uitvoerende beampte van Wildbedryf Suid-Afrika, was besoekers aan ’n internasionale jagskou wat sy in Dallas, Texas, in die VSA bygewoon het, beïndruk met die model wat ons in Suid-Afrika volg. Die skou het vroeg in Januarie plaasgevind en WRSA het die wildsplaaseienaar daar verteenwoordig. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou hou soos oudergewoonte RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die nuutste weersake. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dissie Kruger, ’n boer van die Van der Kloofdam-omgewing in die Bo-Karoo, sluit die program af. Hy praat onder andere oor die droogte en hoe landbou in sy omgewing daar uitsien. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.