Is skuld goed of sleg? En is landboufinansiering ‘n gevaar of ‘n geleentheid? Nico Groenewald van Standard Bank beantwoord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hierdie vrae. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels Danie Minnaar van Senwes oor ‘n spesiale projek waarin hulle saam met ander verskaffers en graanprodusente, onder een sambreel na landelike gemeenskappe uitreik om hongersnood te verlig. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Jan du Preez gesels oor sandwurm en hoe dié soönose verhoed en behandel kan word. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte terug met nuus oor die weer en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou is die week aan jou gebring deur: Standard Bank

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.