In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou is dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid eerste aan die woord. Hy gee onder andere raad vir mastitis by koeie. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is dr Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch aan die woord. Melkprodusente probeer deurgaans die doeltreffendheid van hul melkuddes verbeter, gewoonlik deur genetiese meriete. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die verhouding tussen koeie se laktasietydperke en winsgewendheid vir die melkprodusent. Luister nou na hierdié onderhoud.



Die wolmark het met 6% gedaal om teen R162,23/kg te sluit. ’n Totaal van 9 886 bale is aangebied nadat 993 bale voor die veiling onttrek is. Altesaam 91,3% van die aanbod is verkoop. Heinrich Victor van OVK gee nou nog nuus oor die weeklikse wolmarkverslag. Luister nou na hierdié onderhoud.



Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy brei uit oor die effek van die VSA-langtermynlenings op plaaslike skuldvlakke. Luister nou na hierdié onderhoud.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer. Besoek hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.