Die wenner van die 2020 LNR Vleisbeesverbeteringstoet van die Jaar-toekenning, Zippo Lamprecht, is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei uit oor sy boerdery. Luister nou na hierdié onderhoud.



Nuy Wynkelder belê in die toekoms deur middel van studiebeurse. Louis Martin van die Paarl was in 2019 die eerste begunstigde van ’n Nuy Wynkelder-studiebeurs. Martin, wat aanvanklik in 2017 as parshulp en later as intern by Nuy Wynkelder werksaam was, het sedertdien sy studies by Boland College in Worcester in boerderybestuur voltooi. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars oor sy planne.



Berdine Vos van Vanwyksvlei vertel vir Koos Du Pisani, RSG Landbou se medewerker in die Noord- Kaap hoe die Boks vir ’n Boervrou haar uit haar depressie gelig het, en weer haar moed en waardigheid herstel het. Luister nou na hierdié onderhoud.



Hennie Maas is soos oudergewoonte op sy pos met die weeklikse veilingsnuus. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.



#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer. Besoek hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.