Volgens Jandré Human van Suid-Kaap Wingerde, is daar ‘n droë Klein Karoo en ‘n nat Klein Karoo. Jandré is onlangs tot die Vinpro-direksie verkies en hy gesels Maandag op RSG Landbou oor sy loopbaan en oor wyndruifprodusente in dié streek. Luister nou na hierdié onderhoud.

Een van die wenspanne in vanjaar se Onderstepoort Voerkraaluitdaging was die Beefy Bunch. Chanté Kritzinger vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat die kompetisie vir ‘n vyfde-jaar veeartsenykunde-student beteken. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om na die onderhoud te kyk:

Klik op die skakels om meer hieroor te lees:

Daarna gesels dr Carien Coetzee van Sauvignon Blanc ook met RSG Landbou-luisteraars oor ‘n reeks tegniese seminare wat hulle aanbied. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die rekordgraanoes in die Wes-Kaap kan dié provinsie ‘n reuse ekonomiese hupstoot gee. Dr Ivan Meyer brei hieroor uit op RSG Landbou. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Rooivleis Produsente Organisasie

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.