Om as afslaer vir ‘n gesogte geleentheid soos die Merino SA nasionale veiling op te tree, is noemenswaardig. Danie Strauss van BKB gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou van hierdie ervaring, en ook die pryse en gehalte van die diere wat te koop was. Luister nou na hierdié onderhoud.

In 2015 het die uitvoerende bestuur van Agri SA onder leiding van Omri van Zyl opdrag gegee om ‘n nuwe maatskappy genaamd Agri SA Enterprises (Edms) Bpk op die been te bring. Dienste is gefokus op die voedselwaardeketting en word aan ‘n wye spektrum kliënte gelewer. Dit sluit onder andere die betrokkenheid, ondersoek, vestiging en befondsing van kommersiële landbouvennootskappe in. Omri verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat die doel daarvan is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daar was drie nuwelinge onder vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc top tien wyne. Die hoofbeoordelaar, James Pietersen, gesels op RSG Landbou oor vanjaar se wenners. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Die vyfde wolveiling van die huidige seisoen het onlangs met ’n kleiner aanbod van 6 508 bale en ’n algehele verkoopspersentasie van 97,8% plaasgevind. Die aanbod het hoofsaaklik uit goeie gehalte fynwol bestaan, wat goeie mededinging meegebring het. Nieteenstaande die rand se versterking van 2,8% teenoor die Amerikaanse dollar, het die wolmark met 3,3% teenoor die vorige veiling versterk. In Amerikaanse dollarterme het die mark met 6,26% versterk. Soos oudergewoonte bring RSG Landbou die volledige wolkmarkverslag. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.