In Donderdag se aflewering van RSG Landbou deel Jannie de Villiers van Graan SA ‘n spesiale Kersboodskap met luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna vertel Karenza Liebenberg van die EC Maskell Boerdery naby Cradock, hoe hulle op ‘n natuurlike manier intensief met Merino’s boer. Luister nou na hierdié onderhoud.

Sarah Green, ‘n arbeidsterapeut, gesels met Hennie Maas oor haar besluit om terug te keer plaas toe. Sy boer met Brangus-beeste in die Ladysmith-omgewing in KwaZulu-Natal. Luister nou na hierdié onderhoud.

Mooiweer of onweer, Johan van den Berg bring soos oudergewoonte RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weersake. Luister nou na hierdié onderhoud.

Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap het onlangs by Japie Marais ‘n Skaapboer naby Cradock gaan aanklop om meer by hom uit te vind oor sy boerdery bedrywighede. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.