MJ Ernst van Bona Bona Game Breeders skop Dinsdag se RSG Landbou af. Hy gesels onder andere oor hulle stoetery. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou kuier weer in die Oos-Kaap. Carin Venter gesels met Archie Sonwabo van die plaas Suntsani naby Queenstown. Hy was 23 jaar laas by ‘n dokter en volgens hom is dit te danke aan wat die natuur ons bied. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels Carin Venter ook met Simon Sutton van die plaas Avondale oor hulle Beefmasterstoet en sy betrokkenheid by georganiseerde landbou, as voorsitter van die Queenstown Landbouvereniging. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou het ook by Agri SA gaan kers opsteek oor die koronavirus en wat van werkgewers en werknemers op ons plase verwag word. Jahni de Villiers, hoof van arbeid en ontwikkeling by Agri SA, is aan die woord. Luister nou na dié onderhoud.

Stan Jerling sluit die program af. Hy gesels met Hennie Maas oor die Ford- en Ferguson-trekker.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Bona Bona

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.