Plaas Media het onlangs saam met Landbouskrywers SA se !Xhariep-tak op die plaas Groote Post naby Darling gekuier. Die boerdery is goed gediversifiseer, met 122ha se wyndruiwe as hoofvertakking. Die ander vertakkings bestaan uit ʼn Angus-vleisbeesstoetery, kommersiële SA Vleismerino’s, kanola- en koringaanplantings, asook weidings en toerisme. Nick Pentz, mede-eienaar van die familieboerdery, gesels op RSG Landbou oor die wyndruifvertakking. Hy boer saam met sy pa, Peter (sr.), wat die Angusstoetery bestuur, en sy seun, Peter (jr.), wat vir die bemarking verantwoordelik is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Prof Driekie Fourie van die Noordwes-Universiteit plaas die vergrootglas op haar aalwurm-navorsing en die impak op grondgesondheid. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Melville Price van Nutri Feeds verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars hoe om winterveld in somerreënvalgebiede ekonomies te benut. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer. Besoek hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.