In ons reeks oor varkproduksie en voeding verduidelik Suné Pretorius van DSM, in RSG Landbou van Donderdag hoe mikotoksienvlakke in varkvoeding bestuur kan word. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die sagtevrugtebedryf het onlangs hul vyf en veertigste jaarlikse toekenningsgeleentheid gehou. Phyllis Burger en Andries Daniels van die LNR Infruitec-Nietvoorbij, het die toekenning vir navorsing en tegnologie ontvang. Hulle vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor waaroor dié toekenning gaan. Luister nou na hierdié onderhoude.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte op sy pos om RSG Landbou-luisteraars op hoogte te bring van weersake, daarna is Chris Derksen aan die woord met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

Johan Heine, voorsitter van die Working on Fire-raad, gesels met Hennie Maas van RSG Landbou oor brandbestryding, en brei uit oor brande in die algemeen. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.