Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging gaan oor die volgende vyf jaar bykans R640 miljoen spandeer om kleinboere in dié bedryf te ondersteun. Hierdie syfer is op die 93ste algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging bekendgemaak. Hierdie fondse gaan op verskillende maniere bestee word, waaronder om te verseker dat produsente ‘n voorkeurprys betaal vir suiker ontvang, agronomiese en finansiële opleiding kry, opgelei word in leierskapsontwikkeling, ontwikkeling van ondernemingsvaardighede, gevorderde finansiële bestuur, asook bestuur vir koöperasies en direkteur-opleiding. Nuwe suikerrietvariëteite sal ook deur middel van hierdie plan aan opkomende boere bekendgestel word. Rex Talmage brei in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou uit oor wat dié hulp behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lees ook dié berig wat onlangs op AgriOrbit geplaas is: https://www.agriorbit.com/sugarcane-farmers-to-invest-in-grower-development/

Luisteraars wat meer wil weet oor windpompstelsels moet gerus inskakel. Fanus le Roux van Jooste Suier- en Pompmaatskappy gee goeie raad. Luister nou na hierdie onderhoud.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se verteenwoordiger in die Noord-Kaap, gesels met Coetzee Reitz, bestuurder van die Williston Vleiskoöperasie, oor die huidige droogte in en om die Williston-omgewing. Coetzee brei ook uit oor die vyftiende Jongooi-veiling wat op 26 Augustus plaasvind. Dit is die eerste keer wat hierdie veiling in ‘n aanlyn-formaat aangebied word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met Stan Jerling. Hy praat vir die laaste keer oor ou trekkers.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.