Graan SA bied volgende week hulle jaarlikse kongres virtueel aan en Jannie de Villiers vertel in Donderdag se aflewering van RSG Landbou waarop daar vanjaar gefokus word. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik hier vir meer inligting.

Daarna is Richardt Venter van Agsci Unlimited aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die invloed van goeie kuilvoer op ‘n produsent se produksie en winsgewendheid. Luister nou na hierdié onderhoud.

Inskrywings vir die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is oop! Klik hier vir meer inligting oor die kompetisie. Om in te skryf, kry die registrasievorm hier.

Daar is soos oudergewoonte ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat met die weer gaan gebeur. Luister nou na hierdié onderhoude.

Vrystaat Landbou (VL) het sy amptelike voorlegging oor die Onteieningswetsontwerp aan die parlement oorhandig. Die dokument word ondersteun deur meer as 80 000 individue van regoor die land wat die Onteieningswetsontwerp van die hand wys, soos in die huidige vorm ter tafel gelê. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou brei uit hieroor op RSG Landbou. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.