Voldoening aan arbeidswetgewing is ononderhandelbaar vir elke werkgewer. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor dissiplinêre verhore en wat die wet hieroor stipuleer. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die uitvoerende hoof van AFMA, oftewel die Veevoervervaardigersvereniging, De Wet Boshoff, het in Januarie in Atlanta in die VSA, ‘n byeenkoms vir internasionale rolspelers van dié bedryf bygewoon. Vind meer uit oor wat die doel van die byeenkoms was. Luister nou na hierdie onderhoud.

SACTA het weer by die Nasionale Landboubemarkingsraad aansoek gedoen vir statutêre heffings op wintergrane. Belanghebbendes het tot 28 Februarie om kommentaar te lewer en die uitvoerende hoof van SACTA, Gert Heyns, verduidelik wat die aansoek behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Soos oudergewoonte word daar trekkers gepraat op ‘n Dinsdag. Hennie Maas en Stan Jerling gesels verder oor trekkers in die sesde aflewering van die reeks. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met ‘n opwindende veiling. Laurence Allem vertel meer oor wat te wagte kan wees by Mielieboere Bonsmara se 29ste veiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.