RSG Landbou fokus in Maandag se aflewering van die program hoofsaaklik op die koringbedryf. Dr Ian Heyns van die LNR-Kleingraan is eerste aan die woord en hy gesels oor produksie en kultivarteling en seisoenvooruitsigte in die Wes-Kaap. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna gee dr Astrid Jankielsohn terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars oor die verspreiding van die Russiese koringluis-biotipe in 2020. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Volgens Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap, bestaan daar steeds ‘n rampdroogtekol in die provinsie, hoewel dele al goeie reën ontvang het. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou deur Plaas Media gebring.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.