Daar word gesê dat droogtes in die toekoms as normaal beskou gaan word. Dit beteken dat produsente nodig het om die verskeie opsies wat vir watervoorsiening beskikbaar is, noukeurig te ondersoek en dit deel van hulle normale boerderybeplanning te maak. In Woensdag se RSG Landbou praat dr WA Lombard van die Departement Landbou-ekonomie by die Universiteit van die Vrystaat, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna verduidelik dr Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek watter rol teelwaardes speel wanneer ingeligte besluite oor seleksie en teling by vleisbeeste geneem moet word. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt is op haar pos met die jongste wolpryse wat by veilings op Port Elizabeth behaal is. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap, brei uit oor droogtehulp in die Karoo. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Bona Bona

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.