RSG Landbou: 25 Mrt 2021 – geborg deur Elanco/Bayer

154

Die Vereniging van Veevoervervaardigers, oftewel AFMA, bied eersdaags ‘n tegniese skrywers-werkswinkel onder leiding van dr Pieter Henning aan. Hy gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf beleef tans ongekende uitdagings, maar laagtepunte bied dikwels ook geleenthede vir groei. Dít is die tema van Agri-Expo se eerste SIYABONGA-dag vir 2021, wat volg op die sukses van hulle eerste drie SIYABONGA-dae wat in 2020 aangebied is. Breyton Milford van Agri-Expo gesels op RSG Landbou oor die Wellington SIYABONGA-dag wat op Woensdag 31 Maart by Thokozani Konferensies op Diemersfontein Wine and Country Estate in Wellington aangebied word. Luister nou na hierdié onderhoud

Michael Esmeraldo van Netafim verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars meer oor gesentraliseerde laevloei-drupbesproeiingsmeting. Luister nou na hierdié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na hierdié onderhoude.

Ons sluit die program af met nuus vanuit die Oos-Kaap. Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die streek het onlangs met Cariene van Kerken gesels oor die impak van die droogte in die omgewing. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer. Besoek hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.