Rooivleis bly ‘n gesogte produk onder Suid-Afrikaners, maar kan hulle dit met vertroue gebruik? Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels in Woensdag se RSG Landbou hieroor. Hy praat ook oor die plaaslike abbatoirbedryf en gee verbruikerswenke vir die feesseisoen. Luister nou na hierdié onderhoud.

Louis Steyl van Bonsmara SA het vanjaar se Syngenta Leierskapakademie bygewoon en hy deel sy ervaring met luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daar is onlangs ‘n bestuiwershandves deur Croplife SA ontwikkel. Dr Gerhard Verdoorn gesels op RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.