Daniël Naudé is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei meer uit oor die Nasionale Ankole-veiling wat die 30ste April by The Bull Ring-veilingskrale, in Davel plaasvind. Luister nou na hierdié onderhoud.

Stellenbosch Universiteit en Vinpro het onlangs ʼn wêreldgehalte platform vir wingerdopleiding en -navorsing, bekendgestel. Die bekendstelling het by die Welgevallen-proefplaas in Stellenbosch plaasgevind. Volgens professor Danie Brink van Stellenbosch Universiteit, is dit ‘n uitstekende platform vir kennisoordrag na die breër wynbedryf. Die Universiteit se Fakulteit AgriWetenskappe befonds die projek. Die wynbedryfsliggaam, Vinpro, is aangestel om die projek oor die volgende drie jaar te implementeer. Francois Viljoen van Vinpro vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat dit behels. Luister nou na hierdié onderhoud

Carin Venter, RSG Landbou se mede-werker kuier in die Stormberg-streek van die Oos-Kaap. Sy gesels met Robbie Stretton oor duifskiet as stokperdjies maar ook as hulp aan boere wat deur voëls geteister word. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.                                                                                             

Christal-Lize Muller, RSG Landbou se medewerker in Noordwes het onlangs met CP Kriek, besturende direkteur van die Taaibosch-varkboerdery meer oor biosekuriteitsmaatreëls vir die bedryf.

Daarna is dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die voorkoms van spinkane as gevolg van die goeie reëns veral in dele van die Karoo. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri

Since its inception in 2002, Oro Agri has developed, manufactured, and marketed a range of agrochemical products for global distribution. Our mission is to continually bring innovative and environmentally preferable crop protection and yield-enhancing solutions to the market place.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.