Om ‘n nuwe boerdery aan te pak kan jou heelwat uit die sak jaag. In RSG Landbou fokus Woensdag se program op die finansiering van nuwe boerderye. Nico Groenewald van Standard Bank vertel onder andere waarna ‘n finansier kyk wanneer ‘n aansoek ingedien word. Hy antwoord ook ‘n paar kwelvrae soos waar begin mens met ‘n nuwe boerdery en wat moet jy in ag neem as jy ‘n boerdery wil begin. Luister nou na hierdie RSG Landbou-onderhoud.

Daarna gesels Chrissie Miles van LNR-Kleingraan oor die gehalte van Suid-Afrikaanse koring en wat vir rolspelers in die waardeketting belangrik is. Die rolspelers behels onder andere die produsente, meulenaars, bakkers en verbruikers. Sy verduidelik ook onder andere die metodes en tegnieke wat gebruik word om die gehalte van koring te meet. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Yolandé Roodt is ook op haar pos met die jongste wolpryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lees ook dié volledige verslag wat onlangs op AgriOrbit geplaas is hier.

Gawie van Heerden sluit die program af. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met Konsortium Merino se veiling wat 3 September 2020 op Dombietersfontein, in die Victoria-Wes-omgewing plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.