Meer as 20 kandidate het vanjaar se leierskapsakademie vir landbou voltooi en in Donderdag se RSG Landbou hoor ons hoe hulle dit ervaar het. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, het onlangs die Kalahari besoek – hy gesels met dr Dries Lategan oor die waarde van laparoskopie vir boere in dié area. Luister nou na dié onderhoud.

Dis Donderdag en Johan van den Berg is soos gewoonlik op sy pos met nuus oor die weer en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.