Suid-Afrika se eerste rosyntjiekultivar wat as ‘Sundowner’ bekendstaan, is onlangs geregistreer. Om te hoor hoe uniek die kultivar is, skakel gerus in op Woensdag se aflewering van RSG Landbou, wanneer ’n evalueerder by die Landbounavorsingsraad, Andries Daniels, hieroor gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wat en wie is AgriSETA? Die uitvoerende bestuurder van vaardigheidsbeplanning by AgriSETA, Frikkie Fouché, verduidelik. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is André van Niekerk van Sandvet Pecans aan die woord. Hy praat oor die potensiaal van die plaaslike pekanneutbedryf. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met die jongste wolpryse vanaf wolveilings in Port Elizabeth. Vind uit hoe die nuutste wolpryse vertoon. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.