Goeie nuus vir ons appelkoosbedryf, ‘n seisoen wat almal se verwagtinge oortref. Niël Joubert van die Barrydale-omgewing gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die waarde van wynuitvoere vir 2020 was verbasend hoog. Volgens ’n verslag van Wines of South Africa, het die waarde van wynuitvoere in 2020, met 7,7% tot R9,1 miljard gestyg. Dit is ten spyte van die vyf week lange uitvoerverbod, en uitdagings by die Kaapstad-hawe weens Covid-19. Verpakte wyn se uitvoerwaarde het met 8,3% gegroei. Dit is ná ’n goeie oes in 2020, en die herstel van wingerde, na die droogte vanaf 2015 tot 2018. Maryna Calow van Wines of South Africa gee terugvoer hieroor aan RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die wolmark het effens laer verhandel as gevolg van die sterk rand/Amerikaanse dollar-verhouding en het 0,5% laer gesluit teen R151,45. Altesaam is 96,9% van die bale wat aangebied is verkoop. Heinrich Victor van die OVK-groep gee terugvoer oor wolpryse. Luister nou na hierdié RSG Landbou onderhoud.

Francois Wilken van Vrystaat Landbou kuier saam vandag en hy praat oor die impak van die onlangse vloede in dié provinsie. Luister nou na hierdié RSG Landbou onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou deur Plaas Media gebring.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer. Die oggendstond het inderdaad goud in die mond…