In RSG Landbou van Donderdag word daar na intensiewe landbouproduksie gekyk. Die voor- en nadele van intensiewe landbouproduksie kom ook onder bespreking. Ursula Human, ‘n joernalis by Plaas Media, het in die Maart-uitgawe van die Farmbiz-tydskrif ‘n artikel hieroor geskryf. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels Johan van den Berg van Santam Landbou onder andere oor die verwagte weer in ons winterreënvalgebiede. Luister nou na dié onderhoud.

Dan gee ‘n veekundige van Anker Agri, André Fourie, raad oor die voorbereiding van ooie vir die paarseisoen. Luister nou na dié onderhoud.

Landbou in die Wes-Kaap het onlangs ‘n ekstra vyf-en-twintig miljoen rand vir droogtehulp ontvang. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, praat hieroor en ook oor hulle ondersteuning vir die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, se sleutel-inisiatiewe wat hy tydens sy begrotingsrede bekendgemaak het. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Bona Bona

Klik op die skakel om meer oor intensiewe landbouprodukise te lees.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.