Suid-Afrika het nie tans wetgewing wat spesifiek die uitvoer van lewendehawe per skip reguleer nie. Volgens prof Gareth Bath van die Lewendehawe-welsynskomitee, moet dit dringend aangespreek word. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels hy hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna vertel Khakhu Mutheiwana vir luisteraars meer van haar aartappel- en patatboerdery by Soekmekaar in Limpopo. Sy gesels veral oor die belangrikheid van vennootskappe en mentors. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dis weer Donderdag en Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, en Chris Derksen bring ons op hoogte met die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na hierdié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.