Dinsdag se RSG Landbou skop af met inligting oor die Desember-uitgawe van Veeplaas. Lise Roberts van RSG Landbou gesels met Lynette Louw oor wat lesers te wagte kan wees in die uitgawe van Veeplaas. Luister nou na hierdie onderhoud.

Minder as 10% van landbouers behoort aan ‘n vakbond. Jahni de Villiers, ‘n arbeidskenner van Agri SA, verduidelik in RSG-Landbou wat die rede hiervoor is. Sy praat ook oor die verwagte minimumloon vir volgende jaar en verduidelik hoe dit bepaal word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is dr Raphael Karuaihe van die JSE aan die woord. Hy vertel watter rol sojameel- en sonneblom-oliekoekprodukte by die Johannesburgse Effektebeurs speel. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans van Eden van Prioritise sluit die program af. Hy gesels onder andere oor nuwe tegnologie vir landbouers. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.