Kenners meen dat ‘n tweede vlaag COVID-uitbrekings op Suid-Afrika wag. Watter lesse het ons reeds geleer en hoe kan besighede nou al voorberei? Frans van Eden van Prioritise bespreek ‘n paar sleutelprestasie-aanwysers in hierdie verband in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte bring Hennie Maas die jongste veilingsnuus op RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud. Daarna is Isak Staats van BKB aan die woord en hy gesels oor die plaaslike en internasionale wolmark.

Dr Vicki Tolmay van die LNR Kleingraaninstituut gee ook raad op RSG Landbou oor die Russiese koringluis wat nou kop uitsteek. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.