André Rossouw hoofbestuurder by Oro Agri is eerste aan die woord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei uit hulle bedrywighede. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die nuwe tegnologie van Ramsem in Bloemfontein, waarvolgens die geslag van diere in semen bepaal kan word, is vir die eerste keer op wolskape in Afrika toegepas toe Dohne Merino-ooie van Lamont-boerdery in Vleesbaai in die Suid-Kaap laparoskopies met gesekste semen geïnsemineer is. Johann Coetzee van Vleesbaai vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat dit behels. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is JF van der Merwe van Aartappels SA aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die gaping tussen die produsenteprys en dit wat die verbruiker betaal. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daar bestaan ‘n sterk verband tussen die iname van kuilvoer en die verteerbaarheid daarvan, Richardt Venter van AgSci Unlimited brei uit oor dié faktore wat kuilvoer-verteerbaarheid beïnvloed. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Heinrich Victor van OVK is ook aan die woord en hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die afgelope week se wolveiling. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri

Since its inception in 2002, Oro Agri has developed, manufactured, and marketed a range of agrochemical products for global distribution. Our mission is to continually bring innovative and environmentally preferable crop protection and yield-enhancing solutions to the market place.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.