Zinaschke Steyn is ‘n assistent-rooiwynmaker by Nederburg en sy gesels in Donderdag se RSG Landbou oor haar passie vir dié beroep en die Kaapse draai wat die lewe gevat het voor dít haar beroep geword het. Luister nou na dié lekker onderhoud.

SA Stamboek is al vir etlike jare, deur middel van verskeie dienste, besig om ‘n daadwerklike bydrae te maak tot die verbetering van die produksie-doeltreffendheid van plaasdiere in Suid-Afrika. Thalia Brameld gesels nou met luisteraars oor een van hierdie dienste. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook dié week by RSG Landbou. Hy bring luisteraars op hoogte van die bewegings in die witmielieprys. Luister nou na dié onderhoud.

Dan volg RSG Landbou se gereelde Donderdaggesprek oor die weer met Johan van den Berg. Luister nou na dié onderhoud om uit te vind of jy ‘n jas of dalk ‘n reënjas moet aantrek!

Die program sluit af met Chris Derksen met nuus oor die nuutste vleispryse vanuit die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.