SAMIC, of die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfmaatskappy, was by vanjaar se Williston-skou betrokke. ‘n Nuwe karkasgraderingstelsel sal eersdaags geïmplementeer word en RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het tydens die skou met Rudi van der Westhuizen, uitvoerende direkteur van SAMIC, hieroor gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Reën het in die Williston-omgewing geval en Koos gesels ook met Coetzee Reitz van die Williston Vleiskoöperasie, oor wat kan volg wat betref donasies wat mag opdroog en skuldeisers wat mag intree. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frikkie Fouché van AgriSETA gesels verder oor die voordele van vaardigheidsopleiding en meer spesifiek, die heffing wat teruggeëis kan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen is weer terug op sy pos met die week se jongste vleispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou sluit die program af met die week se weernuus. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.