In Woensdag se aflewering van RSG Landbou, gesels dr Johan Malherbe van die Landbounavorsingraad oor siklone en die impak wat dit op landbou kan hê. Luister nou na hierdié onderhoud.

Goeie reënval verhoog ook die moontlikheid vir kommandowurm in graanaanplantings. Weet jy hoe om die verskillende spesies uit te ken en te beheer? Bly ingeskakel vir ‘n insiggewende onderhoud met prof Johnnie van den Berg van Noordwes Universiteit. Hy brei onder andere ook meer oor die verspreiding van kommandowurms uit. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om die onderhoude te kyk:

Daarna kuier RSG Landbou saam met Willie Jacobs. Hy het vandeesmaand die leisels van Aartappels SA oorgeneem. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week deur Plaas Media geborg.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer. Die oggendstond het inderdaad goud in die mond…