Boere in die Suid-Kaap is verheug oor die reën wat hulle onlangs ontvang het. Hennie Maas gesels Maandagoggend op RSG Landbou met ‘n melkboer, Nelius van Greunen, oor die omstandighede in hulle omgewing. Luister nou na die onderhoud.

Joseph Plaatjies is in 2008 aangewys as die plaaswerker van die jaar, en hy is steeds by landbou betrokke. Hy vertel sy storie aan luisteraars. Luister nou na die onderhoud.

Daarna deel Johan Heine van Working on Fire sy siening oor die brande in Australië en die VSA. Luister nou na die onderhoud.

Dr Gerhard Verdoorn van Croplife Suid-Afrika brei uit oor nagmuise wat weens die droogte tans ‘n groot plaag is. Luister nou na die onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met die jongste veilingsnuus. Die Prieska Veldramklub bied ook binnekort twee veilings aan en HG Human verskaf meer inligting hieroor. Luister nou na die onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.